Sport

Shimlas steeds gerat en gemotiveerd

 

Shimlas, die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eersterugbyspan, is steeds gerat en gemotiveerd om te verbeter op hul spelpeil in vanjaar se FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International kompitisie, dit is volgens Dougie Hayman, Kovsie Rugby Bestuurder.
Die span het hul veldtog op teleurstellende wyse afsgekop in ‘n openingswedstryd teen die Universiteit van Kaap Stad (Ikeys) te Port Elizabeth, met die eindtelling op 30 elk. Shimlas het in die daareenopvolgende wedstryd met mening terug geveg en die NMMU Madibas stert tussen die bene huis toe gestuur. Die Kovsie feesvieringe was nietemin van korte duur nadat hul aardsvyande, Pukke, naelskraaps met 16-17 die botoon gevoer het.
Met beide die Ikeys en Pukke wedstryde het die Shimlas goeie rugby opgedis en met ‘n aansienlike telling voor geloop. Die span was egter telkemale in die tweede helfte van ‘n oorwinning beroof. Jaco Swanepoel, hoofafrigter van die Shimlas, het na afloop van die wedstryd teen Pukke beaam dat dit frustrerend was om nie uit al hul geleenthede munt te kon slaan nie.
Hayman is dit eens dat “‘n wedstryd enige kant toe kan gaan” en dat spanne nie onderskat moet word nie. Die span se stelskoppers was grotendeels onsuksesvol met hul pogings pale toe. Met die span se vertroue in hul skopwerk skort daar niks, sê Hayman. George Whitehead is tans derde op die toernooi se lys van puntemakers met 5 doelskoppe en 10 strafdoele.
Alhoewel die Shimla afrigtingspan in verlede jaar se toernooi gereeld moes kopkrap oor span keuses, is vanjaar se span redelik stabiel en versterk met spelers soos Earl Snyman, Wayne Stevens asook Jamba Ulengo en Marcel van der Merwe wat hul debuut vir die Shimlas maak. Boom Prinsloo neem ook weer sy regmatige plek op nommer agt in, nadat hy op die span se krukelys was.
Hayman onderstreep dit dat die Shimlas steeds goeie rugby speel en dat spelers nie uitgesonder kan word nie. Hy voeg egter by dat die span se lostrio hulle goed van hul taak kwyt. Die span spits hul nou grotendeels toe om voorteberei vir hul oorblywende wedstryde teen die Universiteit van Pretoria (Tuks), Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT). Na week vier is daar slegs drie weke oor voor die halfeindstryd wedstryde.
Shimlas is tans nommer vier op die puntelys met 8 punte, 2 punte agter Pukke. Maties (15 punte) en Ikeys (11 punte) is op nommer een en twee onderskeidelik (punte is sonder die byrekening van wedstryde op Maandag, 22 Februarie). Hayman spreek verder sy waardeuring uit vir die ondersteuning, veral met tuiswedstryde.
Shimlas het op maandag 22 Februarie die tweemalige kampioene, Maties, die stryd aan gesê in ‘n wedstryd waar Maties as gunstelinge op die veld gedraf het. Vishuis het hul veldtog teen Dagbreek op die Danie Craven Stadion te Stellenbosch afgeskop. 
 

By Attie Alberts

Please leave a comment
Name  
Surname  
Comment