Arts and Culture

Glad nie tweede beste nie

Gedurende 2009 was daar 'n “battle of the bands” wat die land se jeugdige rock aanhangers op hulle tone gehou het. Die 2009 Mk Rockspaaider battle of the bands was
een van die hoogtepunte in die Afrikaanse musiek bedryf. Met skool bands van reg oor die land wat deelneem en kompeteer vir die gesogte eersteplek.

Bloed, sweet en trane het die jong mense se lewens gevul die afgelope agt maande. Count down to the red carpet was uiteindelik,  in Desember 2009, aangewys as die nasionale wenners. Maar wat van die ander bands wat gekompeteer het? Alleen na Desember is een so band, maar het ongelukkig te min stemme ontvang en het 'n tweedeplek behaal.

Tweede plek is skeinbaar the top of the world vir hierdie jong manne wat ses maande gelede hulle groep Alleen NA Desember gestig het om verder te kan deelneem weens hulle ander groep in vroeer rondtes uitgeskakel is.

So wat behels tweede plek in so gesogte kompetisie? Die voorbok van die groep, Simon Kriel sê:  "Wel niks veel meer as goeie exposure nie, dit en ons het darem 'n music video op Mk gekry. 'n Paar kledingstukke is ook opad na die final losgeslaan." " maar ons is by verre die gelukigste oor die exposure."

Volgens hulle was die beoordeling heetemal regverdig aangesien lede van die publiek gestem het met sms'e en hulle meen dis een van die redes waarom Count down to the red Carpet gewen het. CTTRC het 'n bietjie van 'n voordeel gehad omdat hulle van Pretoria af kom waar daar baie meer mense is wat van hulle weet en vir hulle kan stem." "ons is van Potch so daar is heelwat minder mense wat van ons geweet het."

Dis seker moeilik om weg te loop met leë hande na die wenners pryse gewen het en al klaar al die bestandele van 'n musiek droom-resep bevat. Die wenners het onderandere 'n 6 track E.P losgeslaan, Diesel sonbrille, 'n verspreidings kontrak, toerusting en klere.

"Bly plat op die aarde, en aanvaar jou lot." voeg Simon. "Een van die belangrikste goed wat ons geleer het tydens ons journey saam met RockSpaaider. Ons het wel nie gewen ni maar is nou meer gereed as ooit om so ver as moontlik te gaan met Alleen na Desember."

Kyk gerus uit vir hulle video op Mk en hulle E.P. wat onafhangklik vrygstel gaan word later die jaar.
 

Deur Ruan Scott

Please leave a comment
Name  
Surname  
Comment