Liefde in die lig…Op 13 Februarie het Fractal ‘n valentynsdag piekniek gehou. Dit het op die grasperk van die kunsmuseum, Oliewenhuis, plaasgevind. Die toonsetting was ‘n romantiese ‘drive-in’ atmosfeer, waar n kuns fliek, op ‘n groot wit skerm vertoon is.
Fractal is ‘n ad hoc komitee van vriende van die Oliewenhuis. Hulle poog om die jeug van Bloemfontein aan te moedig om die kunsmuseum meer te besoek en die kunsuitstallings leer geniet en te waardeer. Fractal versorg Aangeleenthede vir talentvolle kunstenare om hul kunswerke uit te stal en is ook betrokke by vondsinsameling. Die geld gaan na Oliewenhuis om in die kunswerke van die jong mense te belê.
Die bekende 1959 fliek “Some Like it Hot” was uitgebeeld, waarin Marylin Monroe een van die hoofrolle vertolk.
Marylin Monroe is gebore as Norma Jean Mortensen op Junie 1, 1926. Sy is in dertig flieks te sien en was Hollywood se mees gesogte film aktrise in die jare fyftigs en vroeër sestigs. Met haar eerste model-werk het sy maar net fyf dollar verdien. In 1953 is sy die eerste vrou om op die Amerikaanse tydskrif, Playboy, te verskyn en is steeds wêreld-bekend as die Golden Girl van Hollywood, ongeag haar tragiese dood in 1962.
Haar mede-sterre Tony Curtis en Jack Lemmon het ook ‘n betowerende spel in die fliek. Hulle vertolk die rolle van musiekante wat weghardloop van ‘n spul gangsters, nadat hulle getuies van ‘n moord was. Die karakters vermom hulle as vroue, Josephine en Daphne. Hulle sluit aan by ‘n band en raak altwee verlief op die hoofsanger “Sugar Kane” (Monroe).
Daphne of te wel John Uhler “Jack” Lemmon III was ‘n Amerikaanse akteur. ‘n Interesante feit is dat hy in ‘n huisbak gebore is. Hy is in min of meer 60 films te sien en was bevooreg om nou met baie legendariese aktrisse te werk. Een van sy vele talente was ook musiek. Hy het twalf jazz snitte vir die klankbaan van “Some Like It Hot” opgeneem en is benoem vir verskeie toekennings.
Tony Curtis wat die rol as Josephine vertolk is eintlik ‘n meer ernstige en dramatiese akteur, wat nou en dan in ligte komiese flieks te sien is. Hy is benoem vir ‘n “Academy Award” as beste akteur vir sy spel in die film “The Defiant Ones” en is in meer as 100 movies te sien. Hy het ook gereeld ‘n draai in verskeie televisie programme gemaak.
Die fliek (“Some Like It Hot”) het ‘n Golden Globe vir die beste prent as komedie gewen. Marylin Monroe en Jack Lemmon het ook albei Golden Globes vir beste akteurs ontvang. Dis ook toegejuig as een van die beste komiese films te wêreld.
Dit is ‘n goeie swart en wit komesiese fliek met ‘n skreeu-snaakse dialoog.
Vir die piekniek kon jong paartjies ‘n mandjie vol lekkernye pak en miskien mekaar bederf met ‘n paar hartjie sjokelades. Daar was ook lekker verversings te koop, soos “Popcorn” en Pannekoek om die regte “movie”-atmosfeer te skep. Die aand was gevul met romanse, waar geliefdes liefdeswoordjies in mekaar se ore kon fluister. Digene wat miskien nie in valentynsdag glo nie, het wel ‘n draai gaan maak met ‘n groep vriende. Alhoewel die klank ‘n bietjie sag was, was dit beslis die moeite werd om na te kyk.
By Jodie Teise |