Arts and Culture

My Liewe...Skandaal?

Die eerste geluid wat die gehoor se aandag trek is die stillerige klank van 'n gewilde Afrikaanse liedjie, en vinnig daarna kom 'n man in net sy japon uit, besig om soos 'n 16 jaarige seun te jive. Ons leer vinnig hierna dat hierdie man Meneer Malan is, en hy is besig om met ‘n gehuim en met elke man se droom te leef...maar die gehoor besef dit nie ontmiddelik nie.
My Liewe Meneer Malan is deur Thys Heydenrych aangewys, en hy speel ook die rol van die bevoorregte en hardkoppige Meneer Malan. Malan is bevoorreg omdat hy sy geld in ‘n paar goeie besigheide belê het, en hy hoef nou glad nie te werk nie. Hierdie lyfstyl pas hom perfek op die ou einde omdat hy rede het om by die huis te wees – hy het die voordeel om wettig met twee vrouens getroud te wees.  
Die gehoor ontmoet vir sy eerste vrou, Natasja (Madrè van Straten), in die eerste paar minute van die produksie, en dit is duidelik dat sy en Malan dolverlief op mekaar is. Daar is baie gesoenery, en gefluisterde woorde tussen die twee; dit lyk amper asof Natasja nooit by die werk sal kom nie. Een van die borge van die produksie was Bloemfonteins se nuwe radio stasie, Med FM, en hulle is vinnig in die storie ingewerk wanneer ons uitvind dat Natasja ‘n radio aanbieder by die stasie is. Sy is vinnig werk toe nadat ‘n blondine meisie deur die voordeur instap. “Niks na vier uur nie,” sê die twee dames vir mekaar, en terwyl die gehoor daaroor wonder is Natasja uit die deur uit en die blondine, Amorè (Marijda Kamper) is in Malan’s se arms in. Ek het eers gedink dat hierdie man besig was om sy vrou te verneuk, maar ek het later uitgevind dat hy wettig met altwee vrouens getroud is.
Uiteindelik, tussen in al die gesoenery, dirty flirting en die verandering van ‘n japon na normale kleure word Meneer Malan se werêld skielik baie meer gekomplikeerd. Mej. Van Aard (Lize Brown) kom na Malan toe met slegte nuus – sy beleggings in die verskillende besigheide is besig om drasties te val, en hy besef hy is bankrot. Mej. Van Aard is Malan se besigheids venoot, en sy probeer vinnig om die probleem optelos, maar Meneer Malan is ‘n harkoppige man en hulle is vinnig om ‘n redenasie te begin.
Die aankoms van nog ‘n snaakse karakter met die naam van Jaap (Dirk Gouws) laat Malan se werêld nog verder daal; sy twee vrouens besef vinnig dat as Malan twee vrouens kan hê, hoekom kan hulle nie twee mans hê nie? Wel, op die ou einde word die mees onverwagste karakters verlief op mekaar, en die twee vrouens wat eintelik ontslae van mekaar wil word eindig saam vir nog ‘n avontuur met die sele man...alweer.
Ek het die produksie vreeselik geniet, alhoewel ek gevoel het dat die akteurs miskien ‘n bietjie pap was op die aand wat ek gekyk het. Die akteurs was ook nie baie entusiasties op die aand nie en ek kon nie die feit dat hulle terug op populêre aanvraag is ignoreer nie. My Liewe Meneer Malan is defnitief loflik.
 

Please leave a comment
Name  
Surname  
Comment