Arts and Culture

Emo Adams sizzles the UFS

 

Dis ‘n Emo ding!  ‘n Lekker lekker ding! Diegene wat op 16 Januarie 2010 by die jaarlikse jooloptog was, sal presies weet waarvan ek praat.
Die talentvolle Emo Adams het almal by Old Greys omtrent in vervoering gehad met sy Kaapse teenwoordigheid op die verhoog. Aanhangers praat tot vandag toe oor sy betowerende spel.
Benewens sy rol as die malkop Lovebite in die KYKNET tv-program, Alie Barber, is Emo ook ‘n bekende komediant, ‘n passievolle sanger en verhoogkunstenaar.
Emo, oftewel Emraan Adams is in Mitchelles Plein op die Kaapse Vlakte gebore.  Hy is glad nie skaam om van sy “Cape Flat roots” te praat nie.
Sy pa was deel van die Maleise koor.  Emo het sy tiener jare ook met die Maleise koor deurgebring en dis hier waar sy passie vir sang ontwikkel het.  Hy het ook ‘n ouer broer, Luqmaan, wat self ‘n gesogte akteur en sanger is.
Aangesien die familie musikaal is, het hulle baie gesing en omtrent oral opgetree in die Kaap, en het selfs ‘n klein dramagroepie by sy ouerhuis in Mitchells Plein gestig.
Op nege het Emo sy eerste professionele rol in die gewilde David Kramer en Taliep Petersen se District Six losgeslaan.  Hierdie drama handel oor die omstandighede waardeur ,veral die kleurling gemeenskap, gegaan het.  Dis hier waar die verhoog gogga hom gebyt het, en van toe af het hy net nooit weer teruggekyk nie.
In 1996 het Emo en sy broer, Luqmaan, met ‘n paar pêlle die boyband JAG gestig.  Hierdie groep was die tipiese toonbeeld van Kaapse popmusiek.  JAG het gehore regoor die land veral in stede soos Johannesburg en Port Elizabeth behoorlik in vervoering tydens hul optredes gehad.
Emo het nou met David Kramer en Taliep Petersen gewerk, dus was hulle in verskeie teaterproduksies.  Hy was ook te sien in KAT and the KINGS waarin hy ‘n jong sangsensasie is.  Die produksie het in 2000 Duitsland getoer.
In 2001 het Emo weer in District Six ‘n rol gehad maar die keer as ‘n dynamiese “dragqueen” genaamd Sofia.
Met sy passie vir dans en sang was Emo ook betrokke in die 2006 Bollywood teatre produksie, Fusion. Dit was by die Globe Teatre in Johannesburg te sien.
Emo het ook ‘n gasrol in die KykNET musiekprogram , Liriekeraai, gehad en het ‘n draai in die kletsprogram: Dis Hoe Dit Is Met Steve, gaan maak. Hy is ook gereeld betrokke by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en het in 2007 saam met Mynie Grové, ‘n gesogde Afrikaanse sanger,  asook talle ander Afrikaanse kunstenaars opgetree.
Ook in 2007 het Emo sy eerste debuut CD “Tall, Dark en Afrikaans” vrygestel en dit was beslis ‘n reuse sukses.
Vir die Cederberg fees in Clanwilliam in 2007, het hy ‘n paar jong skool kinders opgelei om in ‘n musiekblyspel deel te neem. So wil hy jong mense help om hulle talent bewus te maak. Hy het vir weke lank die produksie bewerkstellig en direkteer.
Ons gaan nog somer vele meer van Emo Adams te siende en te hore kom, veral in die Afrikaanse vermaakklikheidsbedryf. Waar ook al hy gaan, sal hy seker maak hy het sy gehoor se volle aandag met sy komediese teenwoordigheid en sorg dat hulle skater van die lag. In al sy opvoerings toon hy die beeld van energie en entoesiasme.  Die Laaite van die Cape Flats het beslis hard gewerk om te kom waar hy vandag is.
By die jool was ek baie bevooreg om die geesdriftige, cool, “Tall, Dark en Afrikaanse” ou te ontmoet en wat ‘n belewenis was dit om te sien hoe hy met sy aanhangers omgaan, kiekies neem en handtekeninge uitdeel.
Sy opvoering was vol energie, en almal was vol entusiasme van die kinders tot en met die volwassendes by die jool; almal wat daar was sal nooit sy grappies, groot glimlag en talentvolle manier om sterre soos Elvis en nog anders te (impersonate) vergeet nie.  
EMO JOU LEKKER DING!

Please leave a comment
Name  
Surname  
Comment